AGS-Brakpan-West_Gemeente-icon

Ons Gemeente:

AGS-Brakpan-West_Meer-Oor-Ons-Top-Image

Ons visie is: Meer vir God, Gemeente, Gemeenskap.

Lees Oor Ons

AGS Brakpan-Wes is ‘n jong, dinamiese gemeente, waar jonk en oud welkom is en ons fokus op ons verhouding met God, Gemeente en die Gemeenskap.  

Preke

God:

Ons glo God se liefde is vir ons en elke mens bedoel, dit is onvoorwaardelik en Hy begeer dat elkeen in ‘n nabye verhouding met Hom leef.  Hy het dit vir ons moontlik gemaak deur Sy genade, ‘n uitvloeisel van Sy liefde en vergifnis en is dit ook ‘n uitvloeisel in ons lewe.  Die implikasie van ‘n verhouding met God, is ‘n veranderde lewe.

AGS-Brakpan-West_Icon-GOD

Gemeente:

Ons is ‘n geestelike familie, ‘n plek waar vriende familie word.  Die waardes wat geld in ons familie: ‘n Veilige omgewing, waar ons mekaar liefhet, beskerm en dien.  ‘n Plek waar ons gee, van onsself en ons tyd.  ‘n Omgewing waar jy betrokke kan raak binne die ruimte van jou talente en belangstellings en kan groei teen jou eie pas en binne die raamwerk van jou persoonlike, geestelike reis.

Gemeenskap:

Ons is geroep om meer te doen vir ons gemeenskap.  Waar ons Jesus uitdra, deur ‘n verskil te maak in ons direkte leefwêreld: ons gesin, werksomgewing, vriendekring.  Ons bid vir ons gemeenskap, sodat die geestelike klimaat waar ons leef en werk, sal verander.  Ons gemeente beskou die breër gemeenskap en wêreld as vriende, wat familie kan word, hulle is nie die vyand nie. 

AGS-Brakpan-West_Icon-GEMEENSKAP

Ons Span:

Pastoor Melisandi König
Presiderende Pastoor

JP V.D.M, Melisandi König en Odette Nel
 Die kantoor span

Jean-Pierre Van Der Merwe
Jeug Leier     

Philip Brand
Terrein Bestuurder

Fidas, Lazarus en Annette
Werkers

Violet Van Zyl
Huis Talita Huis Moeder

Die Bestuursraad    

Inseëndiens Vorm

Doopdiens Vorm